B6 [oftewel, BALLINGSKAP, DEEL SES]

Deur 11 - 04 - 2001

[Gespaarde kapitaal van 2000 het teen April 2001 swaar begin dra aan my meer "kreatiewe" skedule. Geld het geloop, en geld het nie weer in dik strome ingevloei nie. En 'n jaar het reeds verbygegaan sedert ek laas my familie gesien het. Alles goeie redes vir nog 'n ballingskap-opstel.]

———————

Ek moet blykbaar besluite neem oor die volgende goed:

•    hoe lank ek nog in Taiwan wil bly
•    wanneer ek weer huis toe gaan
•    of ek binne die volgende jaar nagraadse studie êrens wil begin doen
•    of ek binne die volgende jaar Engeland toe wil verhuis
•    op watse budget ek kan leef vir die volgende drie maande
•    of ek in Kaohsiung wil bly, of dalk elders in Taiwan

In kort, wil ek in Taiwan bly tot die einde van hierdie jaar – en moontlik langer, of wil ek fokof?

Wat is die voordele van om hier te bly tot ten minste die einde van die jaar?
•    [...]

En die nadele?
•    [...]

Wat is die voordele van nagraadse studie volgende jaar?
•    [...]

Nadele?
•    [...]

Voordele van om teen die einde van hierdie jaar (of vroeg volgende jaar) in Engeland te gaan woon?
•    [...]

ENSOVOORTS, ENSOVOORTS, ENSOVOORTS!!!! Alles het voordele en nadele, of dit nou is om ‘n meestersgraad in een of ander vak te doen, of om in Pole English te gaan teach! En die “planne” wat ek hier lys is net ‘n manier om my gedagtes te fokus op die besluit van wanneer ek weer my familie gaan sien! Al hierdie planne sal natuurlik ‘n invloed hê op die grootste “probleem”, naamlik dat ek bitter graag weer vir ‘n slag my familie wil sien.

Ek móét my ouers en albei my susters sien hierdie jaar. En ek moet soveel as moontlik skryf. Dit is dus my voorstel: DAT HIERDIE TWEE DOELWITTE DIE ENIGSTES MOET WEES VIR DIE AFSIENBARE TOEKOMS – OM MY OUERS EN ALBEI MY SUSTERS HIERDIE JAAR TE SIEN, EN OM SOVEEL AS MOONTLIK TE SKRYF.

As enige ander toekomsplanne – dit wil sê planne met betrekking tot volgende jaar – oorvleuel of inpas by hierdie twee doelwitte, dan is dit goed so. Maar geen planne sal verder gekontempleer word buite hierdie twee doelwitte nie: om binne die volgende ses (6) maande my ouers en albei my susters te sien, en om soveel as moontlik te skryf.

Die tweede doelwit word nie net op die rug gelaai van die meer emosionele eerste doelwit nie – dit raak wie ek is, en hoe ek wil hê ander, insluitende my ouers en my twee susters, my moet sien. Die laaste ding wat ek wil hê is die goedkoop selfbelediging van om net te praat oor wat ek wil doen. Ek wil iets op die tafel kan lê, om daardeur te kan sê, “Dít is wat ek gedoen het met my lewe die afgelope tyd.” Dit raak my waardigheid. Dit raak my selfrespek. Dit raak ander se beskouing van my, en hoe ek wil hê hulle my moet sien. En dit raak my toekoms as iemand wat daarin slaag om te doen wat ék wil doen, om nie net nóg ‘n slagoffer te wees van “dis nou maar hoe dinge werk”, en “ons almal het maar gedroom toe ons jonk was” nie.

(11 April 2001)

Naskrif: Is die lewe wat ek najaag “outside the realm of extreme possibility”? [Frase uit 'n X-Files-episode]

Hierdie inskrywing dateer: 11 - 04 - 2001 om 00:19 en sorteer onder Boek Een. [...]

Gesluit vir kommentaar.