as die drade deurmekaar raak

Deur 12 - 08 - 2009

opsie een:

opsoek na plek of hawe, sekulêr of heilig
waar ek oor die see kan staar
opsoek na ‘n plek waar ek veilig… voel
my drade deurmekaar? dan kan ek daar
my vermoedens soos lanterns uit laat vaar
en wag: vir rede, of ‘n doel
vir wat oneg is, en wat waar
ek veilig voel

opsie twee:

elke nag verbeel ek my ‘n warm hoekie
waar ek my gedagtes kan verloor
en wanneer mens-en-dier die roepstem
van nog ‘n nuwe dag aanhoor
sal iemand my daar vind
sal iemand my gedagtes dan met warm hande
weer aan my sinne vas kan bind

___________

Hierdie inskrywing dateer: 12 - 08 - 2009 om 03:17 en sorteer onder Koors. [...]

Gesluit vir kommentaar.