platform vir die publikasie van notas, essays, gedigte en ander literêre werke   

Betree die huis waar een ou vir jare, tot in die kortste ure van die dag, deur stil spasies gedrentel het in ou pantoffels. Pen in die hand. Oop notaboek êrens op 'n tafel, of 'n laaikas, of op die wasmasjien. Aanskou die resultaat van jare se vasklou aan dieselfde vrae, asof die Waarheid uit dit gepers kon word. En as jy die gedagtes, die antwoorde, of die soms eentonige proses herken as soortgelyk aan jou eie, soveel te beter.

Die inhoud van hierdie kuberplot is as volg ingedeel: Die hoofblad van die Afrikaanse area sluit skakels in na al die Afrikaanse inhoud. Uittreksels wat veronderstel is om lus aan te kweek om verder te lees, asook enige nuwe notas wat van tyd tot tyd bygevoeg word, kan aan die ander kant van die NOTAS-skakel gevind word.

As enige iets onduidelik is, of jy soek vergeefs vir weke lank na iets wat jy kon sweer jy vroeër begin lees het, kontak my gerus per email ().

Lees aandagtig (vervieslik tot aan die einde van 'n bladsy), en as jy nie anders kan nie, vat 'n break, drink 'n koppie koffie, of gaan slaap. Die toekoms wag vir dié wat geduldig is om eers die betekenis van die lewe uit te werk. Of dis ten minste wat ek myself altyd wysmaak...

Brand Smit
Dinsdag, 19 Augustus 2008

Bookmark and Share

http://brandsmit.net