Nota op Maandag 19 Mei 2014

As jy 23 is, het jy nie veel méér nodig as jou ambisie, jou drome, jou energie en jou geloof in jou toekoms nie … of eerder, min mense in jou lewe verwag dat jy meer op die tafel moet kan neerlê as dit.

As jy 43 is, is ambisie, drome, energie en praatjies nie meer goed genoeg nie. Mense – vriende, familie, kollegas, selfs vreemdelinge – verwag dat jy op 43 ’n huis sal hê, ’n lewensmaat, ’n stabiele werk, ’n goeie inkomste, en heel waarskynlik kinders. As enige van hierdie dinge ontbreek, wonder mense wat verkeerd gegaan het, en wanneer.

En so nou en dan, in ’n onbewaakte oomblik, wonder jyself.

____________________