Dertien minute op ’n Saterdagaand – nou beskikbaar

“Ek is gebore in die Republiek van Suid-Afrika. Ek verstaan twee van die tale wat gepraat word in die Republiek van Suid-Afrika. Mens kan pekanneut tert koop by die Spar in die Republiek van Suid-Afrika. Mens kan ook Afrikaanse koerante daar koop. Mens het wel ’n kar nodig as jy van Middelburg af Bronkhorstspruit toe wil gaan, of andersom. Mens het ook ’n kar nodig om ander redes. As ’n man 32 jaar oud is en hy’t nie ’n kar nie, sal dit nie ’n verskil maak dat hy sewe jaar in Noordoos-Asië gewoon het, of dat hy gebroke Chinees kan praat, of dat hy ’n twee-in-een boek geskryf het wat ’n anti-glans filter sonder hakies staande kan hou op net die regte hoogte teen ’n rekenaarskerm nie. Al wat saak sal maak, is dat hy nie ’n kar het nie – wat beteken hy’s nie veel beter as ’n boemelaar nie.”

* * * * * * * * * * *Dertien minute op 'n Saterdagaand

As iemand ’n resensie moes skryf oor die boek, sou die persoon gesê het dis sy toeganklikste boek nog, selfs kommersieel bemarkbaar, hoewel steeds nie gerig op die massa-lesersmark nie, en steeds nie bedoel vir kinders nie.

INHOUD

(Die aktiewe titels maak oop in PDF)

Knipsels uit die skrywer se testament, April 1994
Die tikmasjien
Jakob skep ’n illusie
Die waarheid is te soet (vir ’n honger man)
Saterdag 31 Oktober 1998
Uitlander bestel ’n kaasburger in Taiwan
Kalmeer vir eers
(Onder andere) Die woonstel
Die vrou
Bernard en die ongelowiges. Of, die droom van die poskantoor, die hond wat op die scooter spring, en die kamer in die huis in die suburbs laat in die nag
Die mummie en die nagmark
Wat mense doen
Nuwe ritmes en ou insigte
Die amperse einde
’n Alter ego kortverhaal fragment
Sondag 19 Augustus 2001
Brahms en die stukkie papier
Gesprek met ’n ou geliefde (i)
Die een wat weggekom het/Die ewige hoop
Stuk # 245: Oor aartappelslaai
’n Lekker naweek
Realiteit, en ’n paar ander feite
Moving things and people: Round-a-bout the middel of March, Either or … end of November/Start of December, Definitely late January
Skroeiende sosatie
Gesprek met ’n ou geliefde (ii)
Dertien minute op ’n Saterdagaand
Drie insidente
Aandete, ongeplunderd
Saterdag 27 Desember 2003
Kom ons skryf ’n stuk…
Swanedam sê vir eers totsiens
Die kommersiële diktatorskap: ’n Rewolusie van ’n ander aard, Die 99 dae van die Kommersiële Diktator, KOM-DIK Dokument 001, ’n Rekenaarstuk: Maandag 12 April 2004, Nie ’n ballingskap essay nie selfs al lyk dit so, Nota aan die Kommersiële Diktator, Die einde van ’n (kort) era
Slaan die tentflappe vas
Opsies
(Aanvanklik) Kraglose Vrydag
Potplante is common (nie dat ek ’n klassis is nie)
’n Nuwe benadering?
Die stilte van die veld: Sondag 8 Augustus 2004 – Vrydag 13 Augustus 2004 – Sondag 15 Augustus 2004 – Vrydag 20 Augustus 2004 – Saterdag 4 September 2004
Wie is ek werklik?
Die 41e Donderdag
’n Eksistensiële sprokie
Thoughts on a train
Dokument 1_181104_2359
Teëls
Vertrekpunt
Gedagte op Vrydag 14 Januarie 2005 om 14:39
Liao-fan’s one lesson
Reën in Bronkhorstspruit: Donderdag 10 Februarie 2005 – Donderdag 17 Februarie 2005 – Maandag 21 Februarie 2005
Droom van sout, twee vrouens en ’n eier
Nie my laaste nota nie
Twaalf minute op my fiets

____________________

Dertien minute op ’n Saterdagaand  is nou beskikbaar in die volgende formate:

GEDRUKTE KOPIE: US$7.95 £4.95, €6.49

Createspace

(Gedrukte kopieë sal binnekort bestel kan word in Suid-Afrika.)

DIGITAAL: verskeie formate: US$5.99

Smashwords – EPUB (iPad, Sony Reader, iPhone, Kobo, Nook, BeBook, en ander elektroniese leestoestelle, insluitende rekenaars), MOBI (vir Kindle, asook Windows rekenaars en ander elektroniese leestoestelle), LRF (Sony Reader), PDB (Palm Doc)

DIGITAAL: PDF: US$5.99

E-Junkie – PDF’s is leesbaar deur meeste elektroniese leestoestelle, insluitende e-readers, tablet PC’s, en natuurlik gewone rekenaars.

Buy Now

———————

NAVRAE: Vir enige navrae kontak my asseblief by mail[at]brandsmit.net

____________________

Dankie tog vir musiek

SONDAG 29 JULIE 2012

Ek is seker daarvan ek het al voorheen ’n soortgelyke stelling gemaak op Facebook – of aan totale vreemdelinge op Twitter, maar hier’s dit weer: My persoonlike 1972-playlist skop stof in die oë van enige iets wat enige iemand anders op hulle iPod kan optower.

Goed, dis effens kinderagtig. In die eerste plek skep dit die vals indruk dat ek ’n iPod besit, en in die tweede plek kan ek self aan ’n hele paar ander goeie jare dink, in terme van populêre musiek – en dis net tussen die jare 1960 en 2010.

Wat maak 1972 so spesiaal? Cat Stevens, Elton John, Pink Floyd, Neil Young, Stevie Wonder (voor die katastrofe van sy 1984-treffer, “I Just Called To Say I Love You”), Paul Simon, Lou Reed, Carly Simon, en om die lys af te sluit, onvergeetlike bydraes van Johnny Nash (“I Can See Clearly Now”), Bill Withers (“Lean On Me”), Al Green (“Let’s Stay Together”), Stealers Wheel (“Stuck In The Middle With You”) en een van die eerste melodieë wat my regop laat sit het op die agtersitplek van ons groen Datsun, Hot Butter se “Popcorn”.

En die kersie op die ryk sjokolade-en-vanilla koek van 1972? Die feit dat dit naatloos oorgaan in 1973 – meer Pink Floyd, meer Elton John, meer David Bowie, en dan Springsteen, Tom Waits, Aerosmith, Billy Joel, Lynyrd Skynyrd, Gladys Knight & The Pips, ZZ Top, en ’n lied wat my altyd aan my pa sal herinner, “My Friend The Wind” deur die Griekse sanger, Demis Roussos.

Dankie tog vir musiek.

______________________

MUZORIAN: 1972 from MUZORIAN on 8tracks.

______________________

As ’n boek aan jou skedel klop – bestel

As ’n boek aan jou skedel klop is nou beskikbaar in die volgende formate:

GEDRUKTE KOPIE: USD $14.95, GBP £10.49, EURO €12.49

Createspace

(Gedrukte kopieë sal binnekort bestel kan word in Suid-Afrika.)

DIGITAAL: verskeie formate: US$7.99

Smashwords – EPUB (iPad, Sony Reader, iPhone, Kobo, Nook, BeBook, en ander elektroniese leestoestelle, insluitende rekenaars), MOBI (vir Kindle, asook Windows rekenaars en ander elektroniese leestoestelle), LRF (Sony Reader), PDB (Palm Doc)

DIGITAAL: PDF: US$7.99

E-Junkie

Buy Now

PDF’s is leesbaar deur meeste elektroniese leestoestelle, insluitende e-readers, tablet PC’s, en natuurlik gewone rekenaars.

———————

NAVRAE: Vir enige navrae kontak my asseblief by mail[at]brandsmit.net

As ’n boek aan jou skedel klop

’n Versameling teks uit “Pad Na Niemand-land”, “Die Persoonlike Agenda van Brand Smit”, en “Slothoofstuk”.

———————

“Die storie tot dusver: Ek is gebore, toe trek ons, toe gaan ek skool toe; toe trek ons weer, en weer, en nog ‘n paar keer; toe gaan ek universiteit toe, toe gaan ek na ‘n ander universiteit toe; toe gaan ek Korea toe, toe gaan ek terug Suid-Afrika toe, en toe kom ek Taiwan toe. Toe skryf ek nog ‘n paar honderd bladsye in toevoeging tot ’n paar honderd bladsye wat ek in vorige jare geskryf het oor hoekom ek doen wat ek doen.

Toe staan ek op ’n verlate treinstasie en dink daar’s te veel materiaal om as ’n enkele boek uit te gee. Toe die volgende dag gaan betaal ek my telefoonrekening en op pad dink ek ’n titel uit vir ‘n korter boek met geselekteerde materiaal. Toe kom sit ek agter die rekenaar en skryf hierdie teks.

Daar, die gekondenseerde weergawe van my lewe so ver, wie ek is, en hoe dit gekom het dat jy nou hierdie boek van niks meer nie as ’n paar honderd bladsye in jou hande vashou.”

———————

“As jy geen tuiste het nie, geen besittings nie, geen vriende of familie nie, as jy nie veel doen terwyl jy wakker is nie, niks doen om geld te maak nie, jy’t geen godsdienstige oortuigings nie, as jy nooit enige gesprekke voer of reageer op iemand anders se spraak nie, wie is jy dan? Wat is jy?”

———————

INHOUD

Woorde aan die voorkant

Pad na Niemand-Land
Inleiding
Die skrywer se testament, April 1994
Die Korea papiere
Nuwe insigte, Februarie 1999

Persoonlike Agenda: Boek Een
Inleiding
Icarus joernaal, inskrywing # 1
Icarus joernaal, inskrywings # 11 & 12
Icarus joernaal, inskrywings # 13 ~ 15
Blonde meditasie
Om onthou te word
Die kerk, die vrou, die huis, en die hang-ups
’n Mees belangrike les
Die doel van my lewe
Ek is nie die baas van hierdie wêreld nie
Die mooi wêreld
Die amperse einde
Arbeiders van antieke tye
Ballingskap, deel viii
Hoeksteen vir ’n toekoms
Om oor God te praat
Dieselfde vrae verteer steeds
Ballingskap nege
’n Verantwoordelike stuk: Ballingskap essay # 10
Die spreekwoordelike gemiddelde
Vir wie skryf ek?
Onderhoud tussen “Brand” en die “wysgeer”
Naskrif (i)

Persoonlike Agenda: Boek Twee
Inleiding
Soldaat in ’n groter oorlog
In die naam van die vader
Die nuwe etiket, dele twee tot vier
Waar is my plek in die Groot Hiërargie?
Geld en selfrespek – ’n paar gedagtes
Wat ek sien
Woordspele
Laaste uitbarsting (voor die einde van my vakansie)
Voltyds kreatief
Ryk, in die wêreld van geld
Faktor X skop in
Om deel te wees van iets groter
’n Futuristiese ontkenning
My huidige lewe
Die (werklike) waarde van geld
Oor die tegniese aspekte van plek en lidmaatskap
Eindkontemplasie, deel een/Die uiteindelike hoop
Ek voel ellendig en verlore, en dreig derhalwe weer transformasie
Plek en mobiele lidmaatskap
Wie en wat
Drie insidente
Oor die nageslag: Ouerskap
’n Gedagte broei in my kop, deel een
Krapmerke van volwassenheid
Nota op Woensdag 26 November 2003
Net nog ’n stuk
Ek en jy
’n Gedagte broei in my kop, deel twee
Laaste paar notas van Desember 2003
Ou helde staan en val (en posters word omgeruil)
In diens van ’n idee
Die laaste ballingskap (merk 15)
Totsiens.

Persoonlike Agenda: Boek Drie
Inleiding/Drie drome
Geld en kuns
Nota op Saterdag 24 Januarie 2004
Om orraait te wees
Infame leuens, kompromie, verandering en nog ’n klomp ander goed
11 Februarie 2004
Twee notas oor ’n rolprent
Notas op Dinsdag 17 Februarie 2004
Nota op Woensdag 18 Februarie 2004
[Die Groot Ongetiteld]

Slothoofstuk
Wees jou eie SELF
Wees nou ’n slegte akteur, toe …
Die SELF word gebore (en ander notas van ’n partikulêre dag)
Ek besit sewe onderbroeke …
Oorspronklike begin van die SLOTHOOFSTUK
Eindkontemplasie III
Die enkeling en die gemeenskap (i)
Verligte gees
Die SELF.
Toepassing van ’n teorie/Die SELF en omgewing
Die enkeling en die gemeenskap (ii)
Ek weet wie ek is
Die waarde van tyd
Ek weet wie ek is, deel twee
Aanvaar jouself (al is dit net om tyd te spaar)
Klein huis, groot wêreld
Wat is ’n boek sonder ’n leser?
Resultate van ’n lewe
Legkaart mense
Dis net ’n spel, en die reëls is ontsyferbaar
Moenie in my SELF krap nie
Identiteit, die SELF, en die resultaat van alles
Die GEGEWE SELF, en die rol van intellektuele
Oor wedergeboorte, en ’n “nuwe” SELF
Die formule wat lei tot resultaat
Wat GEGEE word, en wat jy KIES
Geld, die arbeidsmark, en hoe jy funksioneer
Ek glo steeds …
“Ek, nou” en verwante notas
Amper die einde …
Oorsprong van die SELF (en het reptiele siele?)

———————