Leer by die jeug (ten spyte van ydelheid en obsessies)

DINSDAG 27 SEPTEMBER 2011

My hele volwasse lewe al dink ek aan myself as ’n jong man – ek weet immers nie regtig hoe dit voel om oud te wees nie.

Maar ’n man kom op ’n punt waar hy besef daar’s ander jong mans wat 20 jaar jonger as hy is.

“Twintig jaar!” wil hy uitroep. “Twintig jaar?!”

En om alles te kroon moet hy homself herinner daaraan dat hy enige dag van die week iets kan leer by hierdie jongeres – dat ’n ou van 20 of 25 ook op ’n klip kan sit vir ’n uur lank en kan opstaan met ’n wysheid of ’n damn goeie punt om te deel met die naaste bystaander.

Aan die einde van die dag is dit net ydelheid, en ’n obsessie met hoe jy verskyn aan die wêreld wat grens aan patologiese onsekerheid oor jou eie waarde wat jou laat vashou aan tyd, wat jou paniekerig maak wanneer jy dink hoe tyd dag na dag uit jou vingers glip – soos dit uit almal s’n doen.

______________________